Neem ‘n video van waar jy jou gunsteling liedjie sing en laai dit op jou Facebook, Instagram of TikTok.
Stel jouself aan die mentors voor. Sê dalk wat jou naam is en waar jy vandaan kom.
Tag dan
jou mentor
keuse asook
Die Kontrak
se sosiale media in die plasing.
Dit is baie belangrik dat jy die hutsmerk
#DieKontrak3
gebruik.
Registreer jou inskrywing op Die Kontrak se webblad om seker te maak dat die mentors spoedig jou inskrywing onder oë kan kry.
Deur nie jou inskrywing te registreer nie is dit moontlik dat die kenners jou inskrywing kan miskyk tussen die massas inskrywings wat geplaas word.
Hierdie stap is kardinaal.
Kry al jou vriende en familie om jou te ondersteun.
Sodra jou onskrywing op sosiale media gelaai is en jy jou inskrywing op die webblad geregistreer het, sal jou sosiale media gemonitor word om te sien of die mense in jou sirkel ook voel dat jy die kontrak moet wen.
Jy sal ook 'n skakel ontvang wat jy op sosiale media kan deel om by publiek stemme te ontvang.
Nee, enige persoon van enige ouderdom kan inskryf vir Die Kontrak.
Nee, as jy een van die Mentors se keuses is en na Pretoria moet reis, sal Die Kontrak jou vervoer, verblyf en etes dek. Vir so lank as wat jy in Pretoria vir die opnames moet wees.
Dit is jou keuse, jy kan met begeleiding of a capella sing, solank as wat jou stemopname direk op die video is en nie vooraf opgeneem is nie.
Die nuwe seisoen van Die Kontrak sal vanaf 10 September tot 3 Desember elke Sondag om 18:30 op e.tv uitsaai met herhalings op eExtra en eVOD.
Solank as wat jy nie ’n kontrak met ’n platemaatskappy of 'n vaste agentskapsooreenkoms het nie sal jy kan deelneem.